
Ek kom uit 'n groot gesin van 9 kinders, 'n liefdevolle ouerhuis met sterk familie bande. Vroeg in ons kinderjare was ek en my 3 susters aan die handwerk wêreld bekend gestel deur my geliefde Ma. Ons moes om die beurt oor haar skouer loer om te sien hoe elke steek gemaak word
Met oefening en geduld het ons spanning en tegnieke verbeter, ons het patrone begin lees en die projekte het al meer gevorderd geraak. My Ma se geduldige onderrig was 'n warm tuiswees gevoel in my gemoed en dis hoe ek my ervaring vandag wil oordra
Ons selfvertroue het begin bou, later het ek popklere en handsakkies gemaak en drome begin droom van my eie mode winkel
As jong vrou en Ma was ek geïnspreerd deur biblioteke en tydskrifte. Skeppings het begin vloei; komberse, jakkies, rompies, toppies en goedjies vir my huis, my gesin, selfs vir familie en vriende
Vandag as 'n trotse vrou, moeder, Suid-Afrikaanse vrou en kind van God, deel ek hierdie waardevolle passie met vroue wat ook graag bruikbare en waardevolle skeppings vir hul huise en geliefdes wil skep soos hulle daarvan hou


My visie is 'n rustige, gesellige plekkie soos Ons Digitale Sitkamer, waar 'n hekelgemeenskap van vroue met Christelike waardes en 'n passie vir hekel bymekaar kom om saam te leer hekel
In hierdie spontane plekkie hang 'n tuiswees atmosfeer, 'n rustigheid wat voel soos 'n wegbreek naweek wat in 'n uur saamgevleg word. In die agtergrond hoor jy die klanke van 'n panfluit, die kagggelvuur straal warmte uit en jy ruik die geur van vars geroosterde koffie, die boekrak vol van hekel avonture en oral staan die wol mandjies met skeppings waaroor ons heeltyd nog droom om te maak
Die vroue begin mekaar leer ken en ons gemeenskap vorm 'n "sisterhood" van inspirasie, aanmoediging en ondersteuning
Ons skep met harte vol innerlike geluk, en ons hande begin gee met liefde en dank
My missie is om geduldig saam jou deur jou hekelreis te stap, waar ek jou help om jou hekelvaardigheid te ontwikkel van beginner tot gevorderde vlak, om hekel uitdagings saam jou aan te pak en oplossings te vind
Om jou stap vir stap te begelei en duidelike rigting aan te wys, sodat jy doelgerig met begrip kan leer skep met meer selfvertroue en volhoubaar kan groei
My doel is om te help met hekelvaardigheidsontwikkeling van beginner tot gevorderde vlak
Om jou teen jou eie tempo te help ontwikkel met doelgerigte insig en begrip deur stap vir stap begeleiding en duidelike rigting
Sodat jy met meer selfvertroue, selfstandig en volhoubaar kan skep waarvan jy hou
Ek belowe om jou rustig stap vir stap te begelei deur die vlakke van hekelvaardigheid met duidelike rigting en begrip
Om jou te ondersteun in uitdagings sodat jy kan ontwikkel van onseker na meer selfvertroue en ware groei
Die Fondamente Waarop Ek Bou
Ek staan vas in my Christelike geloof, my familie en die waardes wat my lei
Ek staan vir die bemagtiging van vroue, vroue wat met geloof, waarde en wysheid hul lewens en finansies bou
Ek staan vir my kultuur, my taal en die behoud van tydlose handwerk
Ek staan vir Suid-Afrika en die ondersteuning van ons plaaslike gemeenskappe en verskaffers
God se liefde, familie en ’n lewe wat geanker is in geloof
Suid-Afrika, sy natuur, sy mense en sy ryk erfenis
Ons kultuur, ons kos en die warmte van samesyn
Handwerk as nalatenskap en die waarde van tydlose vakmanskap
en ek verteenwoordig die vrou van geloof wat sterk, waardig en selfstandig handel
Ek glo dat hekel meer is as net iets mooi wat jy met jou hande kan maak, wie jy word in jou proses van groei, begrip en selfvertroue maak saak
Deur sagte, stap-vir-stap begeleiding help ek jou om ’n sterk fondament te bou, sodat jy rustig teen jou eie tempo kan leer om met sekerheid te ontwikkel
My doel is om jou met insig en begrip te help ontwikkel sodat jy met selfvertroue jou eie hekelreis verder kan volg met kreatiewe vryheid

Christelike geloof en vertroue
Opregtheid en eerlikheid
Respek en waardigheid
Kwaliteit en hoë standaarde
Integriteit en lojaliteit
Geduldige, vriendelike leiding
'n Eenvoudige maar baie praktiese hulpbron vir alle hekelaars wat hul projekte, wol, idees en groei op een plek wil beplan en organiseer

